
Die "Gesonde Gesinne" podsending, geskep in samewerking met Maroela Media, is die verwesenliking van ‘n droom om hoë kwaliteit, maklik toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne van alle agtergronde te bied. Die podsending word weekliks op Donderdae deur Maroela Media uitgesaai en dek belangrike ouerskapsonderwerpe soos praktiese dissipline, verskeie faktore rondom gesinsdinamika en neurodivergensie. Daarbenewens word 'n maandelikse artikel op Maroela Media se sosiale media platforms geplaas op die eerste Vrydag van elke maand. As jy ons podsending of artikels geniet, voel vry om dit wyd en Suid met almal te deel!
Lekker luister!
Vrees-vrye Dissipline
-
Wat is ons doel met dissipline? 11 April 2024
-
Wat is jou gesin se denkwyse en ingesteldheid? 18 April 2024
-
Hoe lyk 'n gesin wat vrees-gedrewe is? 25 April 2024
-
Hoe lyk 'n verhoudingsgedrewe gesin? 3 Mei 2024
-
Goeie ouers loop voor 12 Mei 2024
-
Verstaan jy jou kind se taal? 16 Mei 2024
-
Hoekom tree my kind so op? 23 Mei 2024
-
Hoe hanteer ek my kind se onvolwasse gedrag? 30 Mei 2024
-
Is my kind stout of op 'n ontdekkingsreis? 7 Junie 2024
-
Hoe gemaak met my kind se sosiaal onvanpaste gedrag? 13 Junie 2024
-
Help jou kind om veilig te voel ná trauma 21 Junie 2024
